Vir ons Afrikaanse mense.
Alhoewel Print n Sign se huistaal afrikaans is, is dit moeilik om meeste van die terme vir drukwerk ens. in afrikaans te beskryf. Dit is ook 'n feit dat die meeste kliente ons op soekenjins soos Google kry in engels en bitter min in afrikaans.
Om hierdie bogenoemde rede is Print n Sign se webbladsye in engels geskryf.
Ons het takke en besighede wat namens ons uitkontrakteer in Roodepoort en Randburg aan die Wesrand en George in die Wes Kaap. Ons doen litografiese en digitale drukwerk, wat groot formaat viniel drukwerk insluit, asook die sny en plak van viniel tekens.
Ons het heelwat kliente wat versprei is oor die hele Suid Afrika. Ons maak van koerierdienste gebruik om die produkte wat ons vervaardig, af te lewer.
In Gauteng wissel dit van Pretoria en Centurion, Midrand, Bryanston, Sandton en Randburg tot op die Oosrand van Alberton, Kempton Park, Boksburg, Benoni, Brakpan, Springs en Nigel, aan wie ons drukwerk, tekens en ander digitaal vervaardigde produkte verskaf.
Ons het ook verskeie kliente dwarsoor Suid Afrika. Dit sluit in kliente in Kaapstad, Durban, Oos London, Port Eizabeth (Gqeberha) Mbombela, Polokwane, Bloemfontein, George en nog vele kleiner plekke.
Aflewering
Ons maak van verskeie koeriers gebruik om ons produkte af te lewer. Behalwe vir baie afgeleë plekke is alle aflewerings gewoonlik oornag. Afleweringskoste hang af van die grootte en gewig van die produkte.
